Wat op aarde?

donker kurkagtige letsels foto
Deel 5. Donker kurkagtige letsels
[vc_row][vc_column][vc_column_text]Knolle met ongewone donkerkleurige droeë-vrot-agtige letsels (1, 2) is sedert 2016 in verskillende produksie streke opgemerk, telkens na ‘n warm groeiseisoen. Wanneer aangetaste knolle gewas word, vertoon die letsels baie donkerbruin (byna swart) (3). In een geval is knolle deurgesny en vir ’n rukkie gelaat. Die aangetaste interne weefsel het verkleur van bruin, na ‘n rooi-bruin kleur (4). In ‘n ander geval is knolle weke na plantafsterwe ge-oes, en kon die donker, besmette weefsel maklik van die onderliggende weefsel geskei word (5, 6) en dit het gelyk of die onderliggende weefsel onaangetas was. Die simptome is op knolle van verskillende kultivars waargeneem en die letsels kan sekondêr besmet word met ander patogene.

 

Om die oorsake van hierdie ongewone simptome te identifiseer, moet ons nog monsters laat ondersoek. Kontak my asb om te reël vir die afhaal van knolle (Fienie Niederwieser 083 634 4848)[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_single_image image=”9433″][/vc_column][/vc_row]

25th Oct 2021

You may also be interested in….