Boer vooruit met John Deere se jongste 6B-trekker

Estimated reading time: 3 minutes

Die nuwe 6B-model in die John Deere trekkerreeks is nou plaaslik beskikbaar en belangstellendes sal gou besef die ‘B’ in 6B staan vir ‘beter’. Die 6150B-model is die nuutste trekker in die reeks en bied die voordeel van ’n verdere tien perdekrag wat ingespan kan word om jou boerdery van krag tot krag te laat gaan.

Veelsydig en vinnig!

Danksy die kruiprat kan die trekker so stadig as 0.2 km/h beweeg – perfek vir situasies waar stadige en egalige vorentoe beweeg nodig is.

Hierdie kêrel kan ook ’n topspoed van 40 km/h bereik wat optimale produktiwiteit in vervoertake teweegbring. Vir meer woema, beskik die 6B oor perdekrag van tussen 95 en 150 en sluit die volgende modelle in die reeks in: 6095B, 6110B, 6120B, 6140B en die nuwe 6150B.

Aangesien die 6B gebou is vir gerief, bestuur die trekker gemaklik, ry sag en boonop is die oopstasie só ontwerp dat alles binne die bestuurder se bereik is. Kies tussen ’n ekonomiese of premium-kajuit met laasgenoemde wat meer gemak bied en ook meer stylvol vertoon. Albei kajuite is ontwerp om die bestuurder teen die elemente te beskerm.

Die model se enjin spog met ’n merkwaardige 40% wringkragverhoging en behou 95% van sy enjinwringkrag teen ’n lae spoed van slegs 1 100 rpm, wat beteken krag neem toe namate die enjin se omwentelinge per minuut afneem.

Skoon lug, skoon brandstof

Voldoende enjindoeltreffendheid is afhanklik van skoon verbranding van brandstof, wat skoon lug sowel as skoon brandstof benodig. Die PowerCore-lugfilter verseker 20% hoër lugvloeikapasiteit en verwyder meer as 93% van stofdeeltjies voordat dit die primêre filter kan binnekom. Die sekondêre lugfilters moet slegs elke 4 500 uur vervang word, wat groot besparings vir boere inhou.

Met vier ratkas-opsies bied die 6B-familie genoeg keuses om aan elke boer se spesifieke behoeftes te voldoen, en die topgehalte ratsinkronisasie maak ratwisseling glad en maklik.

John Deere se bekende selfkalibrerende, onderhoudsvrye, olieverkoelde PermaClutch is ontwerp vir lewenslange hantering onder maksimum lasomstandighede, terwyl die kruipspoed-opsie ses addisionele ratte bied om die spoedreeks tussen 0.2 km/h en 0.9 km/h te dek.

Die nuwe-generasie 6B kom ook met verbeterde hidrouliese vermoëns wat boere in staat stel om te koppel aan ’n groter verskeidenheid implemente, waaronder dié met ’n oliemotor wat konstante vloei vereis.

Die 6B beskik oor tot drie agterste selektiewe beheerkleppe, 76 l/min vloei-tempo, drukgekompenseerde vloeibeheer sowel as vier posisies (waaronder ‘n sluiterhefboom of detent).

Reg om te laai

Sy wendbaarheid en struktuursterkte maak die 6B ’n ideale trekker vir laaiwerk, omdat jy vinnig en gerieflik van rigting kan verander deur die PowerReverser te gebruik. Die 6B is ook die ideale pasmaat vir die 540M laaigraaf wat verder bydra tot die nuwe model se gemak en die voordele van die trekker se geïntegreerde ontwerp.

Die 6B-reeks beskik oor moderne bande wat take wat lae banddruk vereis, moontlik maak – wat op sy beurt minder kompaktering tot gevolg het. Hierdie bande bied doeltreffendheid, verhoogde traksie, minder slytasie en selfs meer gemak.

Die bande verhoog die waterabsorpsiekapasiteit van grond ná reënbuie wat beter voorsiening van voedingstowwe aan jou gewasse lewer, en bo-grond erosie beperk.

Die 6B kom standaard met John Deere se tegnologiepakket en word deur die bank met JDLink-tegnologie toegerus. Die AutoTrac™ Universal Steering Kit, StarFire™-ontvanger en vertoonskerm moet addisioneel aangeskaf word.

Die voordele van hierdie uiteenlopende en doeltreffende tegnologie vir jou as boer is legio, en sluit in tot 95% minder oorvleuelings, 14% toename in produktiwiteit, 8% besparing op insetkoste, meer akkurate resultate in swak sigbaarheid, en verminderde skade aan wortelgewasse gedurende oes – wat op sy beurt weer minder uitputting veroorsaak.

Vir meer inligting, besoek www.deere.africa of skakel 0800 983 821 (kliëntediens).