Estimated reading time: 1 minute
By Grow Fresh Produce Agents glo ons span in die bou van langtermyn-verhoudings met ons produsente en hulle produk se kopers.
Ons verhoudings is geskoei op akkurate kommunikasie, absolute integriteit en vaardigheid om die sorg waarmee ons boere produseer, om te skakel in die bes moontlike markverwante prys.
Ons neem verantwoordelikheid vir ons woorde en aksies, en is trots op ‘n kultuur wat mense – of dit ons span, ons produsente, ons kopers, of ander rolspelers in die proses is – in die middel van ons belange plaas.
Raak deel van ons dinamiese span. Kom besoek ons gerus by Botha Roodt en Marco op die Johannesburg-mark, Noordvaal op die Tshwane-mark en Port Natal op die Durban-mark. Besoek ook ons Green Network-fasiliteit in City Deep vir jou direkte bemarkings- en staging-behoeftes.
Kom groei saam met ons.
