Vast Farm Field Growing Potatoes and Wheat
Vast Farm Field Growing Potatoes and Wheat

Wanneer elke druppel tel: ’n Praktiese benadering tot droogtestres

Klimaatsvooruitskouings toon dat El Niño-toestande reeds begin het en waarskynlik in die komende somer sterker sal word. El Niño het nie oral dieselfde uitwerking nie, maar verhoog die kans op hoër temperature, onbestendige reënval en droogte in verskeie produksiestreke. Vir aartappelprodusente beteken dit dat hulle vroeër met water- en stresbestuur moet begin, nog voordat die gewasse sigbaar verwelk.

Corné Lourens, Nutrico se bemarkingsbestuurder in die noorde, gee praktiese wenke oor hoe produsente beskikbare water beter kan benut en die grond, wortelstelsel en plant vooraf beter kan posisioneer om spanning te hanteer.

Hou water langer in die wortelsone

Die eerste praktiese stap is om die gebruik van reën- of besproeiingswater te verbeter deur te verhoed dat water oneweredig infiltreer of te vinnig verby die aktiewe wortelsone beweeg.

Tolero® (Reg No M90, Wet 36 van 1947) is ’n unieke samestelling van besproeiingsbestuurstegnologieë wat die eienskappe van indringings- en retensie-grondkondisioneerders kombineer. Dit verhoog waterretensie en die waterhouvermoë van besproeiingswater regdeur die plantwortelsone, bevorder die gewasgroei-omgewing, en verhoed dat droë kolle in die wortelsone vorm. Tolero® skep nie meer water nie, maar help die produsent om meer uit elke besproeiingsbeurt of reënbui te haal deur beskikbare water beter te benut.

Ondersteun die plant

Dit is belangrik om nie net op die hoeveelheid water wat val te fokus nie, maar ook op hoe doeltreffend die plant dit benut. Plantopneembare silikon (Si) dra by tot die strukturele versterking van plantweefsel. Dit kan waterverlies deur transpirasie beperk en ondersteun die plant se hantering van oksidatiewe skade onder stres.

Silco® kombineer Si, kaliumhumaat en Ascophyllum nodosum-seewierekstrak in ’n waterdispergeerbare formulering wat die plant se waterregulering en hantering van oksidatiewe stres ondersteun. Die humaatkomponent bevorder grond- en wortelgesondheid, terwyl die seewierekstrak verdere ondersteuning bied vir die benutting van water- en voedingstowwe tydens abiotiese strestoestande.

Aktiveer natuurlike verdediging

Droogtestres versteur noodsaaklike plant-metaboliese prosesse, wat die plant meer vatbaar vir ander vorme van druk maak. Die doel is dus om die plant se eie verdediging vooruit te help.

Bioflavonoïede is sekondêre metaboliete wat as kragtige antioksidante dien en skadelike reaktiewe suurstofspesies (ROS) kan neutraliseer, selmembrane en fotosintetiese pigmente beskerm, en osmotiese homeostase tydens droogtestres handhaaf.

Flavomune® (Reg No 154, Wet 36 van 1947) bevat ’n bioflavonoïedkompleks en ondersteun só die plant se natuurlike verdedigingsprosesse wanneer dit voorkomend as blaarbespuiting toegedien word.

Waar swam- of bakteriese siektedruk ook ’n direkte risiko inhou, bied THHH-UN-DERRR® (Reg No L11557, Wet 36 van 1947) ’n geregistreerde opsie vir gewasbeskerming. Die oplosbare konsentraatformulering het ’n gunstige ekologiese profiel en geen maksimum residuvlak of vooroes-interval is van toepassing nie. Dit bevat 20 g/ℓ askorbiensuur en 30 g/ℓ salisielsuur, wat die plant se natuurlike weerstand help en siektes onderdruk, byvoorbeeld teen laatroes by aartappels.

Kies die regte seewier

Die waarde van seewierbiostimulante lê daarin om die regte spesie tydens die regte groeistadium en fisiologiese behoefte te gebruik. Ecklonia maximagebaseerde produkte bevat ’n hoë ouksien-tot-sitokinien-verhouding en fokus hoofsaaklik op wortelinisiasie en -ontwikkeling. Dit moet vroeg in die seisoen toegedien word. ’n Meer uitgebreide wortelstelsel kan ’n groter grondvolume bereik, wat die plant in staat stel om dieper grondvog en voedingstowwe doeltreffend te ontgin voordat spanning intree.

Daarteenoor bied Ascophyllum nodosum komponente wat fisiologiese en sellulêre osmoproteksie bied deur selturgor te handhaaf, ROS te neutraliseer en die blaredak teen verwelking te beskerm; dit moet dus voorkomend voor verwagte droogtefases, of tydens die kritieke knolvullingsfase, toegedien word om fotosintese en metaboliese aktiwiteit onder aktiewe stres in stand te hou.

Nutrico se Algae®-reeks gebruik verskillende seewierbronne en formulerings om spesifieke fisiologiese prosesse tydens droogte te ondersteun.

Beplan vroegtydig

Doeltreffende droogtebestuur hang af van grondvogmonitering, korrekte besproeiingskedulering, gesonde wortels en gebalanseerde voeding. Dit help sodat elke druppel so goed as moontlik gebruik word. Produkte soos THHH-UN-DERRR®, Tolero®, Silco®, Flavomune®, en die Algae®-reeks speel verskillende en aanvullende rolle in hierdie strategie.