Estimated reading time: 7 minutes
Aartappels SA se 2025-veldtog op LandbouRadio het in September op ‘n einde gekom en behels ‘n insiggewende reeks praatjies deur voedingkundiges, navorsers en ander rolspelers oor onderwerpe soos aartappelvariëteite, hul gebruike en alternatiewe gebruike, gesondheidsaspekte, gaarmaakmetodes en vele meer. Hierdie gesprekke is gemik op ‘n hoofsaaklik Afrikaanssprekende gehoor van sowat 820 000 luisteraars landswyd. Die program word daagliks op verskillende gemeenskapsradiostasies uitgesaai.
Aartappelmeel kry nuwe lewe
Dr Debora van der Merwe, ‘n lektor aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Voedselwetenskap, en haar meesterstudent, Tania du Toit, het in Junie vanjaar gesels oor hul projek oor afgegradeerde aartappels wat vir ander doeleindes aangewend kan word, veral die vervaardiging van aartappelmeel. Die meel word chemies aangepas sodat dit vir talle gebruike in die voedselbedryf aangewend kan word.
Dr Van der Merwe het verwys na die up-cycling of opskaal van afvalvoedselstowwe wat in nuwe, waardevolle produkte omskep word. Dit behels onder meer gesonde vesnaperinge, olies en bymiddels. Dit verhoed vermorsing, skep nuwe ekonomiese geleenthede en verseker volhoubaarheid. “Een van die beste maniere om sulke afvalprodukte nuwe lewe te gee is om langleweprodukte te skep deur prosesse soos dehidrasie, waar die water uit die produk gehaal word. So kan verskeie tipes poeiers en mele gemaak word.”
Afgegradeerde aartappels makeer gewoonlik niks, buiten dat dit nie vir die verbruiker aantreklik is nie. Dit word dan dikwels as veevoer gebruik, maar het soveel ander moontlike ook, het Du Toit gesê. “In 2023 is nagenoeg 5% van ons land se aartappelproduksie na oes afgegradeer – dit verteenwoordig 134 000 ton.”
Die projek fokus op die vervaardiging van aartappelmeel, wat gewoonlik gebruik word om sop of souse te verdik. Hulle het egter gevind dat die meeste van hierdie mele wat tans beskikbaar is, merendeels die styselkomponent van aartappels bevat. Hierdie projek gebruik die hele aartappel en nie slegs die styselgedeelte nie. Hulle doel is ook om die funksie van so ‘n meel te verander deur middel van styselmodifikasie. Wanneer die stysel afgebreek is, verander die meel se profiel aansienlik met nuwe bindings wat gevorm word. Dit baan die weg vir ander gebruike. Die aangepaste aartappelmeel is reeds met groot sukses in ‘n gebakte broodproduk getoets.
Aartappels is gesond vir jou!
Dr Carmen Muller van die Universiteit van Pretoria het in September vanjaar op LandbouRadio met luisteraars gesels oor aartappels as deel van ‘n gesonde dieet. Sy het veral gesels oor die persepsie dat aartappels baie stysel bevat en dus vet maak. Aartappels is egter ‘n voedselsoort wat ‘n goeie versadigingsfaktor het. “Jy raak dus vinniger versadig van ‘n aartappel as van talle ander kossoorte. Boonop is aartappels ‘n onverwerkte voedselsoort. Die probleem ontstaan wanneer baie olies of mayonnaise en dies meer bygevoeg word.”
Die gesondste manier om ‘n aartappel te eet is om dit te kook, stoom of selfs in die mikrogolfoond gaar te maak. “Koolhidrate moenie uit ‘n dieet gesny word nie. Dis baie belangrik vir energie en aartappels bied juis ‘n gebalanseerde hoeveelheid hiervan. Kyk liewers na porsiegrootte om seker te maak jy kry die regte hoeveelheid koolhidrate in,” het sy verduidelik. Aartappels is van nature bykans vetvry, bevat hoë vlakke van kalium (wesenlik meer as ‘n piesang), en het ‘n baie goeie kalium:natrium-verhouding. Dit is ‘n maklike voedsel om voor te berei en ‘n dis soos aartappelslaai kan ‘n baie gesonde maaltyd wees as mayonnaise byvoorbeeld met jogurt vervang word.

Voorspellings kan raklewe verhoog
Die Universiteit Stellenbosch doen ook navorsing oor aartappels se na-oesgehalte en dr Estelle Kempen, ‘n lektor en navorser aan die instansie, is hiervoor verantwoordelik. Sy het in die kleinhandel gewerk en daar eerstehands beleef hoe aartappels se gehalte vinnig agteruitgaan sodra dit op die winkelrakke beland. Haar navorsing fokus op die invloed wat produksiepraktyke op aartappels se houvermoë het. Aartappels leef steeds na oes en begin dadelik om na die oesproses te verouder. Water, stres en plantvoeding het alles ‘n invloed op ‘n aartappel se gehalte na oes.
Dr Kempen se navorsing behels die ontwikkeling van statistiese ontledings en regressiemodelle om tendense te voorspel met betrekking tot voor-oes patrone en hoe dit met die na-oes berging van aartappels korreleer. “So kan ons byvoorbeeld voorspel watter aartappels goeie of swak opbergingsgehalte gaan lewer nog voor dit van die land afgehaal is.” Die doel is dus om ‘n voorspellingsmodel te ontwikkel wat produsente sal help om die houvermoë van hul aartappels te bepaal. Dit kan ‘n positiewe invloed op die mark hê, soos meer betroubare kontrakte.
Die data en navorsing tot dusver dui op water as die grootste drywer van gehalte – beide te veel en te min water het ‘n groot uitwerking. Plant- en grondvoeding het ook ‘n groot invloed en affekteer aspekte soos plantsiektes. Stikstof is baie belangrik, maar te veel daarvan veroorsaak sagter weefsels en ‘n aartappel wat makliker beskadig kan raak.

Potatoes are kasi-kos kings
Michele Thackwray is the CEO of AmaKonekXin, a marketing company that focusses on brand activations and enabling market solutions. During her interview on LandbouRadio in September this year, Michele discussed the role of the informal food economy or kasi-kos. The outlets providing kasi-kos have an economic worth of approximately R90 billion per year and comprise around 50 000 brick and mortar food suppliers. In addition, there are around 100 000 informal traders, and thousands of table-tops and hawkers selling fresh produce on the side of the road and at taxi ranks. Buyers are very loyal to these hawkers and will buy from the same person daily. They also value fresh food and will buy fresh (and less) rather than in bulk.
“Potatoes play a very important role in this sector and I reckon that around 50% of all meals served in a township contains potatoes. There are many ways that potatoes are consumed in this environment. The basis of any sheshebo or stew is often potatoes and perhaps cabbage instead of meat. A good potato salad is also a regular feature and then there are the seven-colours Sundays, which includes potatoes,” she explained. Fish and chips on a Friday are commonplace and mash potatoes also feature on many kasi plates.
Another regular feature is the so-called ama plate which is common among bachelors or ama roomies who don’t have the opportunity to cook for themselves. They prefer to buy from the mamas on the side of the road who prepare ama plates that usually contain a meat and two starches for around R30 to R35 a plate. Another feature is so-called spaaikos which is slang for ‘takeaway’. It is generally eaten on a Friday and contains some firm favourites, among which are the kota – a quarter loaf of bread filled with sauce, relish, polony, a slice of cheese, sometimes a fried egg, and of course slap chips which ultimately defines the kota. This dish has different names in different areas and ranges from skhambane to a Great Gatsby and many more.
“Kasi-kos is a great example of how the potato has different lives in different areas and economic sectors in our country. The palate is indeed changing, and dishes such as potato wedges are gaining ground, but many festivals and celebrations revert back to featuring the kota.” Michele believes it is crucial to educate people on the healthy aspects of potatoes, as it is a nutritious food that gives energy without making you lethargic.
AmaKonekXin did some research along with Potatoes SA to look into the business side of this huge informal food economy and to assist hawkers in promoting their food products and expanding their businesses. This entailed, among others, marketing tools such as price flashes and menu boards. – Lynette Louw, Plaas Media
Verdere onderhoude sal tot einde 2025 op LandbouRadio uitgesaai word. Om die program aanlyn te luister, volg dit op SoundCloud by die skakel www.soundcloud.com/andbouadio en volg die Facebookblad LandbouRadio of stuur ’n e-pos na lynette@plaasmedia.co.za vir meer inligting.