Die voordele van gemikroniseerde kalk en gips

Estimated reading time: 2 minutes

Ultrafyn kalk bied die voordeel van gemaklike toediening, maar daarmee saam lewer dit ook uitstekende prestasie.

Die aanwending van ultrafyn kalk in suspensie gee jou die beheer wat nodig is vir eenvormige toediening sonder die stof.

Prestasie is ook beter as gevolg van partikelgroottes van tussen 5 en 15 mikron. Hierdie verbeterde tegnologie veroorsaak beter reaktiwiteit en reaksietempo, met die ultrafyn partikel wat tussen die groter gronddeeltjies kan inbeweeg. Die deeltjies kan so diep as 15 cm in die grond inbeweeg, waar die pH- en kalsium/magnesium-verhoudings verbeter word, tesame met verbeterde mikrobiese aktiwiteit en voedingstofbeskikbaarheid.

Wanneer om toe te dien

Kalk word hoofsaaklik vir grondregstelling toegedien en produsente weet dat plante op herstelde grond floreer. As gevolg van die verhoogde reaktiwiteit van ultrafyn kalk, kan dit enige tyd voor en selfs ná plant toegedien word. Ultrafyn kalk kan selfs deur middel van besproeiingstelsels toegedien word, met kleiner aanwendings wat gedurende die groeiseisoen toegedien kan word.

Hoe lank neem dit vir ultrafyn kalk om te werk? Reaktiwiteit hang van die tipe kalk af: Verskillende kalkbronne se kalsiumkarbonaatekwivalent (KKE) en/of magnesiuminhoud verskil.

Die fynheid van die kalk sal ook die reaktiwiteit daarvan beïnvloed. Hoe fyner en hoër die KKE van die kalkbron is, hoe vinniger en meer doeltreffend is die reaksie in die grond.

World Focus Agri se ultrafyn kalk en gips is so fyn dat dit in suspensie toegedien moet word. Omdat kalk water benodig om in grond te reageer, begin die reaksie onmiddellik nadat dit op die grond toegedien is.

Tempo van bekalking

Grond met lae katioonuitruilkapasiteit (KUK) reageer op relatief min kalk. Met ultrafyn kalk kan kleiner hoeveelhede dus meer gereeld toegedien word.

Grond met ’n hoë KUK benodig groter hoeveelhede kalk en dit kan verskeie jare neem voordat bekalking weer nodig is. Kleiner hoeveelhede kan meer gereeld toegedien word. In die algemeen kan ultrafyn kalk/gips as deel van die jaarlikse bemestingsprogram toegedien word.

By rygewasse kan dit ook in die kunsmisband toegedien word met die oog op die neutralisering van redusering. Laasgenoemde ontstaan deur die oksidasie van gereduseerde stikstof (N)-kunsmis wat toegedien is.

Die voordele van ultrafyn kalk/gips sluit in:

  • Gemak van toediening.
  • Hoër reaktiwiteit.
  • Vertikale beweging in grond.
  • Minder vervoerkoste.

World Focus Agri se kalsiumprodukte is Complex Calsus, Complex Calsul en CCM. Al hierdie produkte is Ecocert-gesertifiseer.

Vir meer inligting, kontak At van Schalkwyk by 082 452 8983, stuur ‘n e-pos na at@worldfocusagri.co.za, besoek ons webwerf by www.worldfocusagri.co.za of vind ons op Facebook.