Selektiewe plaagbeheer:’n Sleutel tot volhoubare aartappelproduksie

Moderne aartappelproduksie vereis meer as net doeltreffende plaagbeheer. Die hedendaagse produsent moet nie net die opbrengspotensiaal beskerm nie, maar ook uitdagings soos plaagweerstand, die bewaring van voordelige insekte en toenemende markvereistes rondom volhoubaarheid en residubestuur, aanspreek. Dit is juis hier dat selektiewe plaagbeheerprodukte van belang is.

Hierdie produkte kan ’n sleutelrol in geïntegreerde plaagbeheer (IPM) speel, waar verskillende beheermaatreëls gekombineer word om plaagpopulasies onder ekonomiese skadedrempels te hou, terwyl die natuurlike balans in die produksie-omgewing so ver as moontlik behoue bly.

Die doel is dus nie om elke plaag uit te wis nie, maar om die skade te bestuur. Insekdoders wat selektief teen teikenplae optree en tot ’n mindere mate ’n invloed op voordelige organismes het, vorm die hoeksteen van hierdie benadering.

In aartappelproduksiestelsels, waar die doeltreffende bestuur van blaarvretende ruspeplae noodsaaklik is, bied Philagro SA twee geregistreerde produkte – DiPel® DF (L6441) en SumiPleo® (L8377) – wat deel van ’n geïntegreerde plaagbeheerprogram kan uitmaak.

Selektiewe plaagbeheer

Wurmplae is van die grootste uitdagings in aartappelproduksie. Herhaalde gebruik van produkte met dieselfde werkingsmeganisme kan met verloop van tyd tot die ontwikkeling van weerstand in sekere plaagpopulasies bydra, wat die beheer van hierdie plae al hoe meer uitdagend maak.

Met elke toediening word die vatbare individue in die populasie beheer, terwyl die kleiner groepie wat van nature minder sensitief is, oorleef en voortplant. Oor tyd neem die aantal weerstandbiedende individue toe, totdat die produk nie meer die verlangde resultate lewer nie.

Die oplossing vir weerstandsontwikkeling lê nie noodwendig in kragtiger chemie nie, maar in meer strategiese programme wat verskillende werkingsmeganismes (chemiegroepe) kombineer en afwissel om die risiko van weerstand te help verminder. Dit is ook belangrik dat produkte volgens etiketaanbevelings gebruik word.

Hierdie benadering help om die risiko van weerstandsontwikkeling te verminder en verleng die lewensduur van gewasbeskermingsmiddels. Wanneer sulke programme boonop op selektiewe, IPM-vriendelike produkte steun, word die impak op voordelige organismes beperk en word die natuurlike balans in die aartappelland beter gehandhaaf.

Die waarde van voordelige insekte

Wanneer plaagbeheer in aartappelproduksie bespreek word, val die fokus dikwels op die insekte wat skade veroorsaak. Tog speel voordelige organismes ’n ewe belangrike rol in die sukses van die gewas. Parasitiese wespe, roofmyte, predatoriese kewers, netvlerkies en spinnekoppe vorm ’n natuurlike verdedigingsnetwerk wat daagliks help om plaagpopulasies te onderdruk.

Wanneer breëspektrum-insekdoders hierdie natuurlike vyande verminder, ontstaan daar dikwels sekondêre plaaguitbrekings omdat die biologiese beheerkomponent wegval. Produsente raak dan meer afhanklik van verdere chemiese ingrypings, wat weer addisionele druk op weerstandsbestuur plaas.

Selektiewe produkte kan help om hierdie natuurlike bondgenote te beskerm en ondersteun ’n meer gebalanseerde benadering tot plaagbestuur in aartappelproduksiestelsels. Dit kan ook bydra tot die handhawing van ’n meer volhoubare produksiestelsel waarin biologiese en chemiese beheermaatreëls mekaar aanvul.

DiPel® DF: Beproefde beheer

Die bewaring van voordelige organismes is een van die belangrikste doelwitte van geïntegreerde plaagbeheer. Daarom speel selektiewe biologiese produkte ’n uiters belangrike rol in moderne aartappelbeskermingsprogramme.

DiPel® DF is een van die produkte wat hierdie benadering ondersteun. DiPel® DF is reeds dekades lank ’n vertroude hulpmiddel in die beheer van wurmplae wêreldwyd. Die produk bevat Bacillus thuringiensis var. kurstaki (Bt), ’n bakterie wat sedert 1970 deur Valent BioSciences LLC (’n Sumitomo Biorationalmaatskappy) in die Verenigde State vervaardig word. As ’n organiesgesertifiseerde bio-insekdoder bied DiPel® DF aan aartappelprodusente ’n hulpmiddel vir die beheer van verskeie geregistreerde wurmplae.

Wat DiPel® DF besonder waardevol maak, is sy hoë selektiwiteit. Die produk teiken spesifiek geregistreerde wurmplae en het volgens beskikbare data ’n beperkte impak op voordelige organismes wanneer dit volgens etiketaanwysings gebruik word. Wanneer ’n Lepidopteralarwe behandelde blaarmateriaal inneem, beskadig dit sy dermwand. Dit laat die larwe vinnig ophou voed, wat verdere blaarskade beperk.

Nog ’n voordeel van die produk is die streng gehaltebeheer tydens vervaardiging. Hoewel die geregistreerde etiketkonsentrasie 32 000 IE/mg aktiewe bestanddeel aandui, toon gehalte-ontledings gereeld biologiese aktiwiteit wat aan die spesifikasie voldoen of dit selfs oortref.

SumiPleo®: ’n Moderne oplossing

Waar DiPel® DF die biologiese komponent van ’n plaagbeheerprogram versterk, bied SumiPleo® ’n waardevolle chemiese hulpmiddel vir die bestuur van wurmplae in aartappelproduksie.

SumiPleo® bevat piridalil, ’n aktiewe bestanddeel met ’n unieke werking wat die beheer van geregistreerde teikenwurmplae ondersteun. As gevolg van hierdie unieke werking speel SumiPleo® ook ’n belangrike rol binne weerstandsbestuursprogramme. Die produk is geregistreer vir die beheer van verskeie wurmplae, soos op die etiket aangedui.

Wat SumiPleo® waardevol binne ’n geïntegreerde plaagbeheerprogram maak, is die hoë vlak van selektiwiteit vir die beheer van geregistreerde teikenplae en die beperkte impak wat dit op sekere voordelige organismes het.

Beskikbare studies dui daarop dat die produk ’n minimale invloed op parasitiese wespe, predatoriese myte, spinnekoppe en bestuiwers soos heuningbye het. Hierdie selektiwiteit stel aartappelprodusente in staat om geregistreerde teikenplae te bestuur, terwyl die natuurlike vyande wat voortdurend in die aartappelland werksaam is, behoue kan bly.

Biologie en chemie versterk mekaar

Die grootste voordele word dikwels behaal wanneer biologiese en chemiese oplossings nie as alternatiewe beskou word nie, maar as komplementêre hulpmiddels binne dieselfde plaag-eheerprogram.

Wanneer SumiPleo® saam met ’n biologiese oplossing soos DiPel® DF gebruik word, kan dit ’n geïntegreerde plaagbeheerstrategie in aartappelproduksie ondersteun. Sodoende word daar nie net op die bestuur van plae gedurende die seisoen gefokus nie, maar ook op die bevordering van ’n meer gebalanseerde, langtermyn produksie-omgewing.

Sowel DiPel® DF as SumiPleo® bied selektiewe beheer van geregistreerde teikenplae en verskillende werkingsmeganismes wat binne weerstandsbestuursprogramme aangewend kan word. Beskikbare data dui daarop dat beide produkte ook ’n beperkte impak op sekere voordelige organismes het wanneer dit volgens die etiketaanwysings gebruik word.

As deel van ’n geïntegreerde plaagbeheerprogram kan hierdie produkte ’n bydrae lewer tot die bestuur van wurmplae, terwyl dit produsente ondersteun in hul strewe na volhoubare plaagbeheerpraktyke.

Die pad vorentoe

Namate die fokus op weerstandsbestuur, residubestuur en volhoubare landboupraktyke toeneem, kan selektiewe plaagbeheerprodukte ’n belangrike rol in moderne aartappelproduksie speel.

Vir produsente wat volhoubaarheid, weerstandsbestuur en die bewaring van voordelige organismes as prioriteite beskou, dien die kombinasie van DiPel® DF en SumiPleo® as ’n waardevolle hulpmiddel binne ’n geïntegreerde plaagbeheerprogram. Hierdie twee produkte illustreer hoe biologiese en chemiese tegnologieë aanvullend aangewend kan word as deel van ’n gebalanseerde benadering tot die bestuur van wurmplae in aartappelproduksie.

In ’n bedryf waar elke oes saak maak, kan geïntegreerde strategieë produsente ondersteun in hul poging om plaagbestuur-, weerstandsbestuur- en volhoubaarheidsdoelwitte met mekaar te belyn, terwyl die rol van voordelige organismes in die produksiestelsel in ag geneem word.

Produsente wat meer wil uitvind oor die rol van DiPel® DF en SumiPleo® in aartappelproduksiestelsels, word aangemoedig om hul Philagro-verteenwoordiger of gewasadviseur te skakel vir meer inligting en aanbevelings volgens etiketaanwysings.

Lees die etiket voor gebruik. DiPel® DF, Reg No L6441, Wet 36 van 1947, Bacillus thuringiensis var. kurstaki (bakterie) (32 000 IE/mg). Hierdie produk is volgens GHS nie as gevaarlik geklassifiseer nie. SumiPleo®, Reg No L8377, Wet 36 van 1947, piridalil dikloropropeen-derivaat (500 g/ℓ). Gevaar: Mag dodelik wees indien dit ingesluk word en in die lugweg beland (aspirasiegevaar). Mag allergiese velreaksie veroorsaak. Veroorsaak oogirritasie. Mag slaperigheid of duiseligheid veroorsaak. Uiters giftig vir lewende waterorganismes, met langdurige gevolge. Philagro SA (Edms) Bpk, Reg No 1998/010658/07. Postnet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040. Tel 012 348 8808.

Skandeer die QR-kode vir al Philagro SA se aartappel-verwante produkte.